Met Leedwese:
Dit is met respek en weemoed dat ons die afsterwe van Willem van Heerden op 4 Mei 2012 bekend maak. Willem het die besigheid in die Kaap begin en opgebou met sweet en onselfsugtige toewyding. Hy word liefderyk onthou as iemand wat altyd sy bes vir ander gedoen het en nooit geskroom het om homself in die proses te na te kom nie. Willem was 'n eerbare opregte mens en sy lewe was 'n skynende voorbeeld van 'n reverdige man van God wat altyd die smal en reguit pad geloop het. Ons dink aan Willem in ons daaglikse doen en late terwyl ons steeds ons bes doen soos hy ons gewys het. Ons dink ook aan Willem se familie aan wie ons God se vertroosting en aanvaardig toewens.